2015 se makietie

Laaste naweek AUGUSTUS 2015


Sowat 300 kilometer soos die kraai vlieg, oftewel omtrent 450km vanaf Kaapstad (en amper net so ver van Upington) in die noordweste van ons land lê Calvinia.

Hierdie is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Vleisfees plaasvind.

Vanjaar gaan dit reeds die 25 ste fees wees en die hoofdoel daarvan is steeds, soos in 1990 toe alles begin is, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Destyds is besluit dat die verskillende snitte van die skaapkarkas in proe-porsies te koop aangebied sou word deur die onderskeie boereverenigings van die distrik met die Calvinia Landbou-Unie as beskermliggaam.

Daar word by die vleiskos ook musiek en arena-vermaak bygewerk. En siedaar, vanjaar se wenresep lyk nog nes daardie destydse een!

Aanwysings om in Calvinia te kom

Vanaf Gauteng:

Een roete gaan via Upington oor Brandvlei na Calvinia. Nog 'n roete strek oor Kimberley via Carnarvon en Williston. Albei roetes is rofweg 1200 kilometer lank.

Vanaf die Wes Kaap:

Daar is heelwat roetes en besienswaardighede. Die aanbevole roete is met die N7 tot by Van Rhynsdorp, en dan oor die platorand met die prentjiemooi Van Rhyn's Pas. Volg die aanwysings oor Vredendal van Calvinia.

'n Ander roete vat jou met die N1 tot by die Matjiesfontein afdraai, oor Verlatekloof, Sutherland en Middelpos na Calvinia. Neem kennis dat dié roete heelwat grondpaaie insluit.


GPS koördinate

Calvinia is geleë te 31°28'30" S, 19°46'22" E